Liewe Vriende

11 april, 2008

Vandag al twee weke terug in Bulgarye. Aan die een kant voel dit asof ons nie weg was nie, aan die ander kant dink ons baie aan julle almal daar in S.A.

Dit was so wonderlik om almal moontlik te kon sien. Julle bly vir ons kosbaar.

Ons het ‘n “smooth entry” gehad. Vlug het by die nuwe terminaal geland en ons het die lughawe gebou deur een v.d. tonnels vanaf die vliegtuig binnegekom. Baie skoon en baie groot en mooi. Paspoort beheer was vinnig met vriendelike beamptes. Gedog “wow” ons is regtig deel van die EU! Jack het ‘n goeie “deal” beklink met 2 taxi bestuurders - dit het behels dat hul ook ons bagasie die 51 trappe opdra tot by die woonstel. 

Die oom in die winkeltjie reg langs die woonstel, was bly om vir Jack te sien en het toe sommer vir hom “kjufche” op die huis gegee. Frikadelle wat hyself gemaak het.

Lees de rest van het bericht »